|
YSTERBERG HUGUENOT Tussen 1994 en 2000 boer ek in die Melkrivier area. In 1996 koop ek my eerste Huguenotbul - uit die Jannelkudde - en het hom op kruiskoeie gebruik. Gou het ek agtergekom dat die speengewig van die kallers baie verbeter. In 2000 verskuif die boerdery na Ysterberg – buite Potgietersrus (Mokopane). Nou is ons in die Strydpoortberge hoog (1357m) bo seespieël. Die Huguenotkoeie hanteer die berge baie goed. In 2002 koop ek 4 Crock Ranch bulle uit die SE stoetkudde van Schalk van der Merwe. Ek koop daarna 4 bulle uit Buks van Tonder se Villa Stoetkudde. In 2008 koop ek 3 Koperkop stoetbulle van Janna Botha. In 2009 koop ek 2 Hoogberg stoetbulle van Gerhard Otto. In 2010 koop ek weer 2 Hoogberg stoetbulle van Gerhard Otto. Tans koop ek net die beste uit verskillende bloedlyne wat beskikbaar is en wat hulself reeds bewys het. Tans is daar 400+ geregistreerde diere op plaas. Slegs die top10% presteerders uit hierdie nageslag word teruggehou vir uitbreiding van die stoetkudde. Ek gebruik slegs geregistreerde stoet huguenotbulle op die kommersieële koeie. Soos die kudde verbeter neem speengewigte jaarliks toe. Voerkrale betaal ‘n premie vir die Huguenotkallers. Ek het 8 jaar laas kallers op ‘n veiling verkoop – voerkrale laai my kallers by die plaas op. Aankopers het al gesê (Jannie de Beer) dat hy kallers op ‘backgrounding’ tot 1.2 kg per dag laat optel in ‘n groep van 60 kallers. Toppresteerders doen selfs nog beter. Ysterberg is bekend vir sy ruwe en geharde terrein. Slegs geharde beeste oorleef in die area. Dink net hoe sal hulle presteer waar toestande minder straf is. Hierdie gebied is bekend vir hartwater, rooiwater, galsiek en ander bosluisoordraagbare siektes. Speenkallers ontvang by geboorte hartwaterbloed. Die kudde word jaarliks gespuit vir spons, milt, lam en knopvelsiekte. Die kudde is ook ingeënt vir Slenkdalkoors. Hierdie is ‘n geslote kudde skoon van alle siektes soos Bruselose, Trigomoniase, Vibriose, Tering, ens. Koeie wei van kraalvlak, 1357m hoogte bo seespieël tot 1714m bo Seespieël, (dit gee ‘n verskil van 357m) waar die diere ‘n dag oorbly voordat hulle weer afkom vir water. Waar kan jy ‘n beter prestasietoetsing en seleksie kry as in die Ysterberg area? Bulle word in die reënseisoen onderwerp aan ‘n 100dae veldtoets met slegs gras en water. Ek kan met ‘n oop gemoed sê dat hierdie diere uiters aanpasbaar, doeltreffend en vrugbaar is. Gedurende Mei 2011 is dragtigheidtoetse op 400 koeie en verse gedoen en was daar ‘n 94% dragtigheid gewees ten spyte van ‘n knopvel uitbraak. Ek het tans 19 stoetbulle te koop uit 11 verskillende bloedlyne. Ouderdomme verskil van 2 jaar tot 2½ jaar (Oktober 2011).
Terug na Robert Broodryk / Ysterberg Huguenot Fotos
|
|